Amarna-briewe

EA 161, ’n brief deur Aziru, die leier van Amurru: een van die Amarna-briewe in wigskrif op ’n kleitablet.

Die Amarna-briewe (ook die Amarna-tablette of Amarna-korrespondensie genoem) is ’n hoofsaaklik diplomatieke briefwisseling tussen Antieke Egipte en sy verteenwoordigers in die Kanaänitiese Amurru tydens die Nuwe Ryk. Die briewe is by Amarna in Bo-Egipte ontdek, die moderne naam van die Egiptiese hoofstad Achetaten (el-Amarna), wat tydens die 18de Dinastie van Egipte deur farao Achenaten (1350's – 1330 v.C.) gestig is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search